Sunday, 05 September 2010
Navigasie
Ander Dienste
Nuuskamer
Gereelde Vrae
Besoeker boek
Film/Book Reviews
Kaleido Ventures
Extreme Makeover
Boek van Stories
Links
Regsaspekte
Judea

Soek

Ads by Google
Nuusflits
 
 
Nuusflits

 logo.jpg

Belangrike Nuus

Die Maestro, Johan Heystek, musiek direkteur en predikant van Mosaiek Gemeente in Johannesburg besoek ons Sondag, 23 Mei.

Johan word erken as een van die mees begaafde pianiste & liedjie skrywers in die kerk wêreld vandag.

Die diens begin 9:30 en beloof om weereens ‘n onthoubare ervaring te wees. Kleuterkerk en Kinderkerk word aangebied.

Moeders met babas is  welkom om die diens op groot skerm te volg in teater 2. 

Lees meer...
 
SOMER SEISOEN VAN LEWE

Somer is die seisoen wat nuwe lewe in ‘n mens se lewe blaas. Die vroeë opkoms van die son skep ‘n langer dag met meer geleenthede. Self die voëls rondom ons spreek van meer energie en lewe. Die son is voorwaar ‘n bron van lewe.

Kaleidoskoop beleef ook so ‘n vlaag van entoesiasme oor wat huidiglik gebeur en die potensiaal wat die toekoms inhou.

Vir die maand fokus ons op die antieke spirituele dissiplines van die antieke kerk vaders en vra die vraag:

“Hoe het hulle met God interaktief verkeer en watter geestelike dissiplines het hulle beoefen om met God te konnekteer en hoe het hulle kerk gehou”.

Ons ervaar ‘n begeerte om meer te weet en dieper te konnekteer. Ons voel ‘n roeping in die binneste om ‘n spirituele reis te onderneem en meer van God te weet.

Mag jy die reis saam met ons beleef.

Kola

 
Kaleidoskoop - Doelgerigte Betekenisvolle Lewe

Welkom by die nuwe webblad van Kaleidoskoop gemeente.

Die blad is geskep as ’n informasie bron oor die gemeente wat jou sal help om te verstaan wie en wat ons is en wat ons doen. Op hierdie blad kan jy ook uitvind wat jy kan doen om by die gemeente betrokke te raak en jou talente te ontwikkel.

Die blad het ook ’n interaktiewe deel waar jy kan deelneem aan gesprekke rondom “issues”. Jy kan ook registreer vir ons elektroniese nuusbrief of deelneem aan ’n cyberselgroep wat ons eersdaag sal instel.

Jy kan selfs jou belewenis van die dienste en preke hier neerskryf asook jou verhale van hoe jy geestelike ontwikkel het neerskryf in ons boek van stories.

Voel vry om jou kommentaar oor ons te gee op die aangeduide plek.

Onthou om betekenisvol te leef!

Lees meer...
 
Brief van Dawie Marais

Hallo Kola

Ons ontvang nog julle e-posse en toe ek julle nuus brief lees verlang ek vreeslik na Knysna.

Ek wil jou net se dat in al die jare wat ek na 'n Kerk gegaan het, het ek Kaleidoskoop (kerk) vir die eerste keer in my lewe geniet.  Dit was lekker en 'n belewenis!

Julle het regtig iets baie spesiaal, miskien die grootste voordeel, dat die Here daar teenwoordig is.  Daar is Lewe en mis dit baie.  Dit voel vir my sekere dae dat wanneer ons hier in 'n ander kerk sit dit heeltemal soos 'n lee dop voel en slegs 'n roetiene is wat ons moet doen, want jy loop daar uit met niks om die week saam met jou te neem nie.

Ek wens julle alle sterkte toe vir die toekoms en julle doen regitg in vandag se tye 'n wonderlike diens, julle maak dat elke ontmoeting met God 'n heerlike een is.

Groete

Dawie Marais

 
Prof. David Block – Die Onwaarskynlike Christen

As jy onder die indruk is dat Galileo Galilei ‘n Italiaanse roomys is, dat Eta Carinae die nuutste model Toyota is, dat Betelgeuse ‘n Johnny Depp fliek is, of dat Stephen Hawking ‘n skrywer is van spanningsverhale… wel… dan moet jy dalk een Maandagaand vir ‘n rukkie van die “movie” kanale wegbly en oorskakel na 50/50 om te luister na Professor David Block.

“Nou wie de dinges is die ou Professor nou eintlik om te wil kom inmeng met my romantic comedy op ‘n Maandagaand?”

Nou-ja! Dis seker presies vir hierdie rede dat Kola besluit het om dan maar die Prof in lewende lywe op die Kaleidoskopers en ander niksvermoedende Knysna-ïete los te laat…. en dit nogal op ‘n Saterdagaand.

Lees meer...
 
Jongste Nuus
Registreer

CryNog nie 'n Lid nie?
LaughingKLIEK HIER 
    om te registreer.

Teken In
Ons Forum
Imago
Jongste Nuusbrief
Foto Galery
Wie's Aanlyn
Ons het 16 gaste op die webtuiste
Soek Afrikaans