Sunday, 05 September 2010
Navigasie
Ander Dienste
Nuuskamer
Gereelde Vrae
Besoeker boek
Film/Book Reviews
Kaleido Ventures
Extreme Makeover
Boek van Stories
Links
Regsaspekte
Judea

Soek

Ads by Google
BESOEKER BOEK: Het u enige kommentaar?
Vertoon 1 - 3 van 3 resultate Kliek hier as u kommentaar wil byvoeg
Naam Boodskap
Dawie de Koker
Gepos teen Sunday, 05 August 2007 18:52
Hi daar! Ek is leraar in Rustenburg en baie opgewonde om van Kaleidoskoop te verneem in Knysna! Ons gemeente
deel jul bedieningsfilosofie en uitkyk, en nou weet ek waarheen om kennisse en vriende te verwys wat kerk
soek!

Seën op jul werk!

DAWIE DE KOKER
Sel 0834070130
 
Stefan
Gepos teen Thursday, 21 June 2007 04:41
Ons is nou reeds net meer as n jaar betrokke by Kaleidoskoop gemeente hier in Knysna. Ek lees vanoggend n
dagstukkie wat handel oor "Om die regte Kerk te vind". Ons ervaring is ons het hierdie Kerk gevind.
Lees gerus hieronder.

Om die regte kerk te vind!
Waarna moet jy kyk as jy op soek is na die regte kerk?
Die eerste is Christus-gesentreerde aanbidding, die eerbetoning aan God vir wie Hy is, en vir dit wat Hy vir
ons gedoen het. Dit is vir ’n Bybelse kerk belangrik om God te prys. Die tweede is kwaliteit Bybelse
instruksies. Is dit vir jou kerk belangrik om in God se Woord te glo, daarin te onderrig en dit te eer, op so
’n manier dat jy dit verstaan en dat jy kan sien hoe dit op jou lewe van toepassing is?Onthou, jy kan nie
verder groei as dit wat jy weet nie. ’n Derde karaktereienkap van ’n goeie kerk is gemeensaamheid tussen die
gemeentelede. En dit behels baie meer as die Sondagoggend se koffiedrinkery na die diens. Ware gemeensaamheid
ontstaan wanneer die lede van die kerk by mekaar betrokke is. Wanneer hulle mekaar ondersteun, vir mekaar
omgee, mekaar aanmoedig, reghelp en liefhet. Die kerk moet ons ’n gevoel van sinvolle bestaan gee. Vierdens
moet die kerk ’n bediening van uitreiki ng wees. ’n Kerk wat wil groei, kan nie ingroei nie. Daar is niks fout
met ’n klein gemeente nie, solank hulle net nie klein dink nie. Die kerk waarmee jy identifiseer moet aan jou
vele geleenthede verskaf om jou gawes en talente te gebruik om ander mense aan te raak. So word beklemtoon hoe
belangrik dit is om jou geloof in woorde en dade met ander te deel. Met ander woorde, die kerk se invloed moet
buite se mure strek.

Wanneer jy ’n kerk vind wat hierdie prioriteite en ervaring gereeld aan sy lede bied,
het jy die regte kerk gevind. Sluit daarby aan! En moenie vra wat die kerk vir jou kan doen nie, vra wat jy
vir die kerk kan doen!

Lees in hierdie verband 1 Kor 12:25
 
Kola de Klerk
Gepos teen Wednesday, 09 May 2007 06:24
Welkom by die nuwe webblad van Kaleidoskoop gemeente.

Die blad is geskep as 'n informasie bron oor die
gemeente wat jou sal help om te verstaan wie en wat ons is en wat ons doen.

Voel vry om jou kommentaar oor
ons te gee hier.

Onthou om betekenisvol te leef!

Kola de Klerk
Leaderpastor
Biggrin
 

<< Eerste < Vorige 1 Volgende > Laaste >>


CYBERKERK FORUM

As u aan ons ander Kaleidoskoop Forums wil deelneem, kliek hier.

(Jy moet registreer om aan ons Forum deel te neem)
Jongste Nuus
Registreer

CryNog nie 'n Lid nie?
LaughingKLIEK HIER 
    om te registreer.

Teken In
Ons Forum
Imago
Jongste Nuusbrief
Foto Galery
Wie's Aanlyn
Ons het 3 gaste op die webtuiste
Soek Afrikaans