Sunday, 05 September 2010
Navigasie
Ander Dienste
Nuuskamer
Gereelde Vrae
Besoeker boek
Film/Book Reviews
Kaleido Ventures
Extreme Makeover
Boek van Stories
Links
Regsaspekte
Judea

Soek

Ads by Google
Kaleido Ventures PDF Druk Epos

 ‘n Klub van eenders denkende mense wat die lewe en mekaar se geselskap ten volle geniet .

Ons leef ons Christenskap as 'n leefstyl. Ons noem dit betekenisvolle lewe.  Ons lewe ten volle in elke aspek van ons lewens.





Vorige Familie aktiwiteite

23 April - Familie Outing by Vleesbaai se duine – Ons het vleis gebraai, 4x4  kaskenades gehad, kunsry gedoen, sandroete gery en springkastele vir die kinders voorsien. Die kostes was R160 per voertuig.


SKATTEJAG 

Enige motor is reg, solank hy loop – Aparte vraelys vir kinders van 12 en jonger!! – Inskrywingsfooi = GRATIS!!

Wat het ons al voorheen gedoen?

Kaleidoventures is mense wat informeel en sonder enige verpligting besluit het om pret te hê. Ons het al voorheen gaan duine ry, visvang kompetisie in die lagoon gehou en beplan om sodra die lente begin 'n suiker-kaskenades vir jonk en oud te hou.

Ons is 'n groep mense (ouderdomme wissel van voor-geboorte tot so in die 70's) wat dit geniet om tyd met mekaar te spandeer en lekker te kuier terwyl ons die lewe geniet. Ons almal kuier sommer net lekker saam en maak nuwe vriende. Daar is enkel-lopendes, verloofdes, getroudes, geskeides, kinders, ouer mense, jonger mense en dan kort nog net jy/julle.

Sommige mense sê hulle ontmoet nie veel nuwe vriende in Knysna nie, hier is die plek om saam met mense te kuier en sinvolle vriendskappe te bou. Almal is baie welkom en jy sal welkom en tuis voel , daar word niks van jou verwag nie, jy is net vry om jouself te wees.

Al wat jy vir die Skattejag van 27 Augustus 2006 nodig gehad het, was 'n motor, oud, jonk, gedaan, blink, vuil of skoon, maak nie saak nie, het kom saam ry en volg die leidrade om die antwoorde te kry. Ons het daarna piekniek gemaak aangesien ons na die tyd die prys-uitdeling by Jubilee Creek gehad het. Grap-pryse soos die "Beste vroue-navigator" J - Al van so iets gehoor? J …en "Die beste mans-bestuurder" J - nog snaakser ne J. Dit was NIE 'n jaag-ren NIE! Dit was stadig, pret en lekker!!

Ons het begin by Ashmead se parkeer-area waar alles baie mooi aan jou verduidelik was, jy jou leidrade gekry het en die roete ongeveer 2½ tot 3 ure geneem het om te voltooi. Jy moes leidrade volg, stilhou, uitklim en antwoorde kry, DIT WAS GROOT PRET!!!!! Inskrywings was gratis.

Van: Die Kaleidoventure ouens, vrouens en kinders

Adri by 083 383 0131 of Michiel 083 633 9804.

 
Jongste Nuus
Registreer

CryNog nie 'n Lid nie?
LaughingKLIEK HIER 
    om te registreer.

Teken In
Ons Forum
Imago
Jongste Nuusbrief
Foto Galery
Wie's Aanlyn
Ons het 12 gaste op die webtuiste
Soek Afrikaans