|
 JC Kidz
Kinderkerk met `n verskil
Ons kinders is ons grootste bate. Ons het met "Promise Land" kinderkerk bediening begin, poppespel en die toet..... kom ontmoet Poena en Karien, ons muppets!!!!
Kinders is kosbare skatte en ons behandel hulle so en belê in hulle geestelike groei op 'n pret manier.
Hierdie is verseker nie die tradisionele Sondagskool wat aan ons almal goed bekend is nie. Hierdie is 'n ervaring vir elke kind: `n speel-speel, hope lekker, kreatiewe ervaring waar die kinders leer van verskillende Bybelse waarhede en waardes aangaande God en wie hulle in God is. Dit is ook baie interaktief waar hulle ook van hulle kreatiwiteit en energie aan die dag lê.
 Promiseland Kinderkerk
GR 0 – 5
Verbeel jou ...
‘n Kinderbediening wat alleen op die kind gefokus is. Waar die Bybel op ’n kreatiewe manier onderrig word. Waar Bybelwaarhede op ’n lewensvatbare wyse gedemonstreer word. Waar kinders begelei word om waarhede self te ontdek en toe te pas. Waar kinders ontdek:

On is al byna ’n jaar besig met die “Leef die Avontuur”-program. Wat doen ons elke week agter die skerms? - Ons sing en dans.
- Ons speel speletjies.
- Ons vertel, dramatiseer Bybelverhale
- Ons kry selfs soms ‘n “art-attack”!
Wie is deel van die Promiseland-Span? Marelise - Koördineerder Marissa en Alta - Ons storievertellers Marieta en Adrian - Musiek en groepleiers Wat het ons dié jaar geleer? Dat God my enigste Ware God is. - Hy voorsien ons elke dag van ons behoeftes.
- Hy is ook die een wat lewe gee en ons beskerm.
- Hy red ons uit gevare en is ons enigste Ware Koning
Hy is my Getroue Vriend, Beplanner en Helper, en BAIE BELANGRIK : MY VRIEND VIR EWIG!! Waarmee sluit ons jaar af?
Met ’n kreatiewe Kersprogram en Groot Kersparty! (Hou gerus die pers dop).
Ons is tans besig met: 
Ons is op die oomblik besig met die maak van props. Helpers kan my kontak : Marelise 082 442 3178 Om meer te weet oor ons finansies en wat ons bankrekening nommer is, kliek hier.
|